Gr 8 Tegnologie Ratte en meganiese voordeel
Hoekom moet 'n tussenrat van harder materiaal gemaak word?
Dit moet meer stres hanteer as die ander ratte
Wat is meganiese voordeel?
Hoe groter die hulp is wat jy kry van die hefboom, hoe groter is die meganiese voordeel, hoe minder krag hoef jy te gebruik.
Wat is die doel van 'n keëlrat?
Keëlratte verander die draairigting met 90 grade. Gebruik waar twee asse nie ewewydig loop nie.
As hulle vra; Die meganiese voordeel van 'n hefboom is 3. Die las wat hulle moet dra is 30 N. Watter mag moet gebruik word? Hoeveel krag moet jy gebruik?
Las gedeel deur Mag= Meganiese voordeel Las = Meganiese voordeel x Mag Las gedeel deur Meganiese voordeel = Mag dus 30÷3 = 10
Wat is die FORMULE vir meganiese voordeel?
Las gedeel deur Mag= Meganiese voordeel bv Las is 2000 N en mag is 1000 N 2000 /1000 = 2 onthou as die voordeel bo 1 is, is dit goed
Die meganiese voordeel formule vir hefboom is mos; Meganiese voordeel = Las gedeel deur Mag Meganiese voordeel kan ook by ratte uitgewerk word, wat is hierdie formule?
Meganiese voordeel = deursnee van aangedrewe rat gedeel deur deursnee van dryfrat. Hier is dit 5 gedeel deur 2.5 = 2
Wat is 'n keël rat?
Rat gevorm soos ' n keël .Die tande kan reguit , in 'n spiraal loop of dikker aan die een kant as aan die ander kant wees
wat is Reguit tandratte ?
'n Wiel met tande, wat in 'n ander rat inkam om spoed of rigting te verander. Meestal in karre gebruik,
watter rat sal jy gebruik vir 'n kar wat teen 'n bult moet opry?
'n groot rat, want dit gee meer krag
wat maak dit saak hoe groot die ratte is?
'n klein rat gee meer spoed, want dit draai vinniger 'n groot rat draai stadiger, maargee meer krag
wat noem jy 2 of meer ratte wat ingekam is?
'n rat stelsel
waar word Keëlratte gebruik?
bv. handboor - handvatsel draai vertikaal, maar boorpunt - horisontaal
wat is 'n tussen rat?
die 3rde rat tussen die dryfrat en gedrewe rat wat maak dat hulle in dieselfde rigting draai (kyk hoe draai rat C, A en D dieselfde)
wat is snelheids verhouding?
die verskil in spoed tussen die dryfrat en gedrewe rat as die verhouding 3:1 is, beteken dit die dryfrat draai 3 keer vinniger as die gedrewe rat
wat is 'n dryfrat?
dis die rat wat draai - A is die dryfrat die rat wat gedraai word, is die gedrewe rat - B
wat beteken ingekam?
dit is wanneer die ratte in mekaar sluit
wat is 'n rat?
dit is wiele met tande reg rondom die buiterand
wat noem jy dit as 2 ratte wat ingekam is - in teenoorgestelde rigtings beweeg?
kontra - rotasie